The “Tree-Hugging Bohemian”

claudia dieckman and kamin
My MS Story – Claudia Dieckmann
September 1, 2015
ashley bengell
Ashley Bengell
September 1, 2015

The “Tree-Hugging Bohemian”

betsie gauche

“Life is a Journey……. Enjoy the Ride!!”

Ek gaan net ‘n plan MOET maak om weer op my boomstam te gaan lê in die “Bos”….. en ek praat glad nie van ‘n Bucket List nie….. daar is nog TE veel om te doen en voor te lewe.   Hoe ek dit gaan doen, sal maar net stadiger gaan as 3 jaar gelede…

Die lewe is vol van geleenthede en nog voller van keuses…..

My oorlede man het altyd gesê: “There is only one thing in life that you HAVE to do; you have to die….that is the only thing that you do not have a choice in”. Verder kan ons nie kies nie…. die glybaan van die lewe is soms glad, soms vol rommel, soms vol klippe e nook slaggate. Dit is my keuse hoe ek daar deur en daar oor gaan kom.

Ek het nie in 1986 gekies om MS te kry nie, dit het my kom kry. Die grootste positiewe wat ek daaruit kon haal, was dat daar toe verklarings was van fisiese gebeure vroeg in my 20’s wat toenterteid aan allerhande ‘spannings’ woorde toegeskryf is. Maar, na al die “-punches, –scans, neuroloë en wie ook al gekrap het in en aan my liggaam, het die aanpassings begin. (Dis nie Fun om weer moter te leer bestuur nie….al neem dit 3 jaar!) In die vroeë stadiums was daar lang tye van fisiese remissie – die langste was 6 jaar. Mens, TOE het ek laat waai!! Sportmoter moes sy ry (met ‘n afdak); verdere studies is ingeryg soos sardiens in ‘n blik; nasionaal en internasionale reise (weens my professie) het my meer uit ‘n koffer laat leef as wat ek by my woonstel was! Wonderlike, fantastiese geleenthede en ek sal dit vir niks verruil nie; al het dit aldag nie so ‘goed’ gegaan met die nuwe lyf nie…     Na 1995 moes ek die beroepswêreld vaarwel toeroep (My Sweet maat kon nie die pas meer volhou nie) en ek het ‘n halfdag werk aangepak.   Dié kon ek ook maar verrig net en wanneer ek kon, maar deur baie genade, het ek volgehou tot 2008. My Sweet het toe besluit: genoeg is nou genoeg!!

Om tot die besluit te kom dat jy na jou liggaam moet luister (dis SOOO ‘n afgesaagde gesegde!) het ek geneem, en stadig maar seker ‘n patroon uitgewerk wat tot my My Sweet se voordeel is – en nie noodwendig MYNE nie. Na al die jare kom daar nog baie gereeld tye waar ek maar na myself luister, maar dan moet ek bereid wees om die prys te betaal. My chroniese medikasies gebruik ek op spesifieke tye – al is ek waar! Van hulle se ‘nadraai’ is nie so lekker nie, maar wie het nou al net lekker dinge in die lewe ervaar? Dis lekker om vir jouself te lag: Iemand sê jy lyk tog soooo goed en as jy wil praat, dan is daar nie ‘n stem nie….die stembande o.a. is ook al erg deur My Sweet oorgeneem … soos ander organe en ledemate, maar dit is myne en ek gaan nie daaroor uitbrei nie!!!

Nee, ek sit nie op die stoep in die sonskyn nie… Ek noem myself nou ‘n “Renovation Artist”; wat van my huisie in ‘n aftree oord werk, en my leuse is: “If you can dream it; I can do it”.   Daar is net ‘n klein verskilletjie (en hiermee sukkel ek nog baie): ek sal jou bel as jou item klaar is /of naby aan klaar is. Ek sal jou ook laat weet as my masjienerie in die liggaam ‘n gasket geblaas het, en ek buite aksie is. As dit nie aanvaarbaar is nie, moet jy maar iemand anders kry om jou werk te doen. Ek het nog nie een dag sonder werk gesit nie…..DIT is alles te danke aan Hom wat my van krag en genade voorsien om elke dag nog die son te sien opkom.

Ons verskil almal en so ook hoe ons ons MS aanvaar en daarmee saamleef. Verkry soveel moontlik kennis aangaande die pakkie wat jy moet saamdra, en leef jou lewe voluit elke dag – so goed as wat jy kan. Ek pas my medisyne en hulpmiddels aan om uit die af-grafirek te kom en klim dat dit gons om weer bo-uit te kom… of amper bo! Kyk elke dag na die mooi van die natuur en nie na die onkruid wat tussenin groei nie… dit help!

Die lewe is TE kort om nie elke dag se minute positief te gebruik nie… soms is dit pynlik, maar doen dit net!

CARPE DIEM!!
Betsie Gauché

Facebook